Tuisblad
WELKOM BY NG MONDEOR IN 2009
Tydens die Kerkraadsvergadering wat gehou is op Sondag 17 Mei 2009, kon ons met groot dankbaarheid kennis neem van hoe goed dit gaan met ons gemeente. Om in hierdie tyd finansieel en andersins net positiewe verslae te kon hoor, was in een woord fantasties. Ons dank die Here dat dit met ons goed gaan - sonder Hom en Sy bystand sou dit beslis nie so gewees het nie. Daar is ook 'n aantal belangrike en interessante besluite geneem.Klik hier om meer daarvan te lees.
NUWE LIDMATE:
(1) Die volgende nuwe lidmate se lidmaatskap is goedgekeur by die Kerkraadsvergadering van 17 Mei 2009, naamlik:
Martin en Karen Groenwald en Johan de Bruin. Hulle kom vanaf NG Townsview. Hartlik welkom ouens - ons hoop en vertrou dat julle baie gelukkig sal wees saam met ons.
(2) Die baba van Barry en Mareli Kok is gebore op 12 Mei 2009. Klein Willem Steyn Kok het 3.4 kg geweeg by geboorte. Ons hoop regtig dat hy tot groot seën sal wees vir Barry en Mareli, maar ook vir die ouma's en oupa's - Geluk en lekker bederf julle! (Dit is nou Willie en Marie Grobbelaar en Gideon en Dominica Kok).
(3) Jeanine en Adriaan Lambrecht se dogtertjie Lara is ook 'n maand terug gebore en is 'n wonderlike toevoeging tot hul gesin. Baie geluk!
Soos die baba's aankom sal ons hulle hier bekend maak.
ROUSMART:
(1) Dit is met leedwese dat ons berig dat tannie Sannie Naudé (87) op Sondag 10 Mei oorlede is na 'n ernstige siekbed. Ons dink in hierdie tyd aan Chris van Zyl en sy gesin en hul broers en susters.
(2) Tertia Hanekom, die dogter van Peet en Corrie Hanekom is gisternag in haar slaap oorlede. Sy laat 'n 18 maande oue dogtertjie na. Ons wens vir Peet en Corrie en die res van die familie alle sterkte toe vir die moeilike dae wat voorlê rondom die begrafnis en daarna.
VERJAARSDAE VIR DIÉ WEEK:
Aan almal wat van van nou tot einde Junie 2009 verjaar asook almal wat hul huweliksdae in dié tyd herdenk - Baie geluk! Mag julle die seën van die Here in die nuwe lewensjaar ervaar.
AKTIWITEITE VIR DIE WEEK:
Kliek hier vir 'n lys van aktiwiteite wat plaasvind hierdie week.
17-19 Jul 2009. DAMES DIT IS WEER SULKE TYD!
MONDEOR VROUE WEGBREEKNAWEEK
Dit beloof om 'n naweek van batterye laai te wees en sommer lekker ontspan. Ons bly in luukse kamers met twee beddens en 'n badkamer elk. Ons gebruik die sitkamer met 'n lekker kaggelvuur as kuierplek. Ons gaan swem in die Warmwater Binneshuise Swembad en nog baie meer! Klik hier om die volledige berig te lees en inskrywingsbesonderhede te bekom.
KERMIS 2009
Op 4 September 2009 hou ons weer Kermis. om die wiele aan die rol te kry moet ons nou reeds begin beplan en jou idees kry. Dink hierdie week hoe jy betrokke kan wees en gesels met Hennie Maritz of Dr. Gideon Kok daaroor.
CROSSINGS
Die nuwe bediening onder leiding van Jacques van Rensburg het baie goed afgeskop en die aanddienste is voortaan ge-oormerk vir Crossings. Die gemeente is baie opgewonde oor wat hier aan die gebeur is. Jacques is regtig begaafd wat hierdie tipe bediening aangaan. Binnekort gee ons u meer volledige inligting hieroor.
GESTUURDE GEMEENTE
Die Kerkraad van NG Mondeor het finaal en onomwonde besluit dat NG Mondeor voortaan as 'n Gestuurde Gemeente bekend sal staan en dat alle aktiwiteite vanuit hierdie oogpunt bestuur en bedryf sal word. Kliek hier om meer inligting hieroor te lees.

