Tuisblad

Elmarie van Zyl van Mattelo IT Consulting verdien 'n hartlike gelukwensing vir die mooi webblad wat sy vir ons ontwerp het! Haar adres is heel onder aan hierdie bladsy as u haar ook wil gebruik.
Welkom by NG Mondeor in 2009/2010
Tydens die Kerkraadsvergadering wat gehou is op Sondag 23 Augustus 2009, kon ons wéér met groot dankbaarheid kennis neem van hoe goed dit gaan met ons gemeente. Uit die verslae is dit duidelik dat ons skuif na 'n missionêre ingesteldheid stadig maar seker besig is om duidelik pos te vat. Daar is ook 'n aantal belangrike en interessante besluite geneem. Kyk sommer ook na die Lugfoto van NG Mondeor! en indien u by ons wil besoek, kliek hier om 'n roetekaart te verkry.
KERKRAADSBESLUITE GENEEM OP 2009-08-23
Klik hier om meer daarvan te lees.
NUWE LIDMATE.
Op die Kerkraadsvergadering van 2009-08-23 is dit goedgekeur dat die volgende nuwe lidmate by ons mag inskakel:
1) Ricardo en sy dogter Nelmari Venter vanaf NG Deo Gloria en
2) Marinda Jooste vanaf NG Culembeeck.
Baie welkom by ons ouens! Ons hoop julle sal baie gelukkig wees by ons.
VERJAARSDAE VIR DIE WEEK.
Aan almal wat van van nou tot einde Januarie 2010 verjaar asook almal wat hul huweliksdae in dié tyd herdenk - Baie geluk! Mag julle die seën van die Here in die nuwe lewensjaar ervaar.
VOORBIDDINGSLYS
Ons gemeente doen graag voorbidding vir ons lidmate en vriende sowel as vir enigiemand wat voorbidding nodig het. Klik hier om die huidige voorbiddingslys te sien
AKTIWITEITE VIR DIE WEEK WAT VOORLÊ:Kliek hier vir 'n lys van aktiwiteite wat plaasvind hierdie week. CROSSING:Neem asseblief kennis van die volgende: 1) BLOG OOR OUERSKAP: Jacques het 'n blog oor ouerskap begin. Lees wat hy op sy hart het en neem deel aan die gesprek by http://blogs.news24.com/mondeorouers. |
|
GESTUURDE GEMEENTE:
|
|
GROOTSEUN - Vrydag 29 Januarie 2010 |
|
Op Vrydag 29 Januarie 2010 bied NG Mondeor aan: Pierre Breytenbach in sy een-man vertoning van "Grootseun."
Enigeen wat al die tydskrif LIG ter hand gehad het, sal weet wie bedoel word met hierdie titel!
Stel jou voor ‘n dominee van so in sy dertigs met ‘n vermoë om ‘n storie te vertel soos min. EN stel jou voor die stories gaan oor dinge wat rêrig in sy gemeente gebeur! As jy dié prentjie kan sien – dan sien jy vir Grootseun – ‘n heerlike nuwe lekkerkry-produksie met Pierre Breytenbach.
Bespreek nou al die datum en nooi jou vriende om saam te kom en 'n wonderlike aand van pret en plesier te kom geniet.
Koste per persoon is R50.00 en ons sal ongeveer 250 - 300 kaartjies beskibaar hê.
Plek: NG Mondeor
Tyd: 19:00 - 21:00
Datum: 29 Januarie 2010.
Kontakbesonderhede en plekbesprekings: Me Thea Gouws, tel (011) 680-9466 of per e-pos by ngmondr@netactive.co.za

Die Kerkraad van NG Mondeor het finaal en onomwonde besluit dat NG Mondeor voortaan as 'n Gestuurde Gemeente bekend sal staan en dat alle aktiwiteite vanuit hierdie oogpunt bestuur en bedryf sal word.