Nuwe Lidmate

Baie welkom aan al ons nuwe lidmate!

As jy sommer nou wil aansoek doen vir lidmaatskap, vul die lidmaatskapvorm hieronder in en faks dit na Thea Gouws by (011) 680-9215 of heg dit aan 'n e-pos na ngmondr@netactive.co.za.

Met hierdie webtuiste wil ons u graag inlig van al die aktiwiteite wat in ons gemeente aan die gang is en tegelyk ook só onder ons erkenning gee aan een en elkeen wat daartoe bydra dat die bediening in Mondeor tot eer van God van krag tot krag gaan.

Alle eer vir wat besig is om hier te gebeur gaan aan God ons hemelse Vader wat deur sy genade mense roep wat Hom gehoorsaam en doen wat Hy ons lei om te doen.

Ons nooi dan een elkeen hiermee uit om te luister na die roeping in jou eie lewe en saam met ons te kom arbei om die Koninkryk van God hier in Mondeor en omgewing daadwerklik en dinamies uit te brei. Die Here wil vir my en jou stuur om Hom te verteenwoordig daar waar ons is en Hy deur ons teenwoordig is.

Ons sien uit daarna dat elkeen met die gawe, talent, vaardigheid en belangstelling wat die Here hom of haar mee geseën het betrokke sal raak op hierdie reis van gestuurdheid.

Groete in Christus!
Dr. Gideon Kok.

AttachmentSize
Nuwelidmaatinligting.doc92 KB