Kerkraadsvergadering van 2009-05-17

INTERESSANTE BESLUITE:

(1) Die Kerkraad het besluit om R15000 te bewillig aan die VGK Cala vir die dak van die kerk wat hulle besig is om op te rig.

(2) Die Kerkraad gaan een van ons gemeenteseuns - Bryan Beneke - ondersteun waar hy die leier is van 'n Sendinguitreik na Mosambiek, vanuit die Universiteit van Potchefstroom.

(3) Die Kerkraad het ook besluit om die dames wat betrokke is by die Gevangenisbediening substansieel te help vanuit ons Geloofsbelofteofferfonds. Hierdie fondse sal aangewend word om sekere verhoorafwagtende gevangenes onder wie hulle tans bedien, van winterklere en ander benodigdhede te voorsien. 

(4) Kyk ook na die dagboek vir bepaalde projekte wat goedgekeur is en waarna met opgewondenheid uitgesien word.

(5) Die kontrakte van Jacques van Rensburg, Hannelie Viljoen en Johan Huddlestone is vir 'n verdere jaar verleng.

(6) Mondeor se Ringsverteenwoordigers: Die Kerkraad het ook die volgende persone aangewys om ons gemeente te gaan verteenwoordig by die komende Ringsitting wat  DV plaasvind op 10 en 11 Junie 2009 in ons gemeente. Dr Gideon Kok en Oudl Jan Gouws as Primari en Ouderlinge Neels van Staden en Willie Grobbelaar as Sekundi.

(7) Die jaarlikse Vorm 15 is ook goedgekeur na voorlegging daarvan aan die Kerkraad. Oudl Willie Grobbelaar en Thea Gouws word van harte bedank vir die goeie werk gedoen. Ons kan die Here net loof vir die feit dat die gemeente finansieel gesond is en dat dit met ons goed gaan op hierdie gebied.