Gestuurde Gemeentes

Die doel van hierdie betrokkenheid was en is steeds om die gemeente se paradigma te verander van 'n instandhoudingsgees na 'n gees van gestuurdheid.

Teen die einde van 2006 het die Gemeente betrokke geraak by die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes. Die doel van hierdie betrokkenheid was en is steeds om die gemeente se paradigma te verander van 'n instandhoudingsgees na 'n gees van gestuurdheid.

Vir hierdie doel is 'n Taakspan aangewys wat nou bykans twee jaar lank daaraan werk om saam met die gemeente te hoor wat is God plan vir Mondeor Gemeente. Hulle wou weet “waarmee is God beswig in ons gemeente en in die gemeenskap rondom ons?” Die doel was om ons plek en funksie in God se beplanning vir ons te ontdek en dan daarna ons gemeente op daardie pad te stuur.

Die Taakspan vergader gereeld om alle beplanning finaal saam te trek. Daarna sal die gemeente en die Kerkraad ingelig word van die uitkomste.

Daar word met ingehoue opgewonde spanning vooruitgesien na daardie dag en na die bekendmaking van die resultate. Dit gaan ons gemeente radikaal positief beïnvloed en dit maak nou reeds drome wakker van 'n groei in die gemeente en in die aktiwiteite van die Gemeente.